Tyd vir n Klipkouer Kragklont wat n voorsmakie is van my onderhoud met sekerlik die ikoon van Suid-Afrikaanse korporatiewe wêreld, Brand Pretorius. Brand was voormalige hoof van Toyota, Suid-Afrika waar hy later oorgeskuif het na McCarthy toe wat die grootste motor kleinhandelaar in Suid-Afrika is met meer as dertig motor handelsmerke in die groep. Kom luister bietjie wat hy te sê het.

Wat was histories, ‘n groot pyn in die besigheid gewees? Jy het belangrike punte aangeraak, gebrek aan leierskap. Jy het gepraat van nie genoeg investering in mense nie, daar is nie interne opleiding soos “internships” en daai tipe van ding. Wat was nog ’n groot pyn in die besigheid of selfs nou nog, wat jy sien?

Ek dink sonder om te veralgemeen, partykeer – of jy ’n klein of ’n groot besigheid bestuur, of jy entrepreneur is of ’n korporatiewe bestuurder – weier ons om die realiteit van verandering in die oë te staar. Ons klou so vas aan die verlede en die status quo en dit kos dan die besigheid baie, baie duur uiteindelik. Die punt wat ek vroeër gemaak het, is dat jy moet ’n baie sensitiewe radarskerm hê sodat jy vinnig nuwe tendense kan optel en met spoed kan beweeg.

NB! Indien jy verlede week se KPS oor Frans Cronjé gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier