boma2x-1023x923

MEER OOR ONS

BOMA@21

Welkom by Boma@21! Benewens die feit dat dit die spogtuiste van Klipkouers, die Klankbank-ateljee, huisves, bied Boma@21 ook eksklusiewe samewerkingsruimtes met ‘n raadskamer, in-huis koffiewinkel en haarkapper.

ONS DIENSTE

boma1

Samewerkingsruimte

Boma@21 bied ‘n gesellige dog hoogs produktiewe samewerkingsruimte, waar netwerk aan die orde van die dag is. Deur een van die eksklusiewe kuierruimtes te besit, trek jy voordeel uit die medewerkende aard daarvan om skouer aan skouer te werk met onafhanklike dog eensgesinde eweknieë.

boma2

Potgooi-ateljee

Bereik ‘n nis gehoor op ‘n baie bekostigbare, meetbare en effektiewe manier.
Klankbank-ateljee is ‘n ultra-moderne ateljee vir potgooiers om hul inhoud op te neem, en ons kan jou stap-vir-stap bystaan op jou potgooi-tog.
Ons kan van hulp wees met die samestelling, redigering, aanbieding en bemarking van jou inhoud, en beskik ook oor die kapasiteit om inhoud lewendig na die internet te stroom.

boma3

Raadskamer

Klant - en maatskappyvergaderings is meer gerieflik en stresloos as die lokaal sentraal geleë is. Danksy ons sentrale ligging in Irene, is Boma@21 uiters toeganklik, en voorsien ons in al jou raadskamer-behoeftes.

BOMA@21 CAFE

Boma Café neem jou koffiedrinkervaring na ‘n totaal nuwe vlak.
Die vriendelike klomp by Boma Café besef dat daai koppie koffie wat jy nuttig ‘n sensasie van ongeëwenaarde tevredenheid teweegbring, terwyl die aroma van pruttende koffie ook dikwels daardie ontwykende kreatiwiteit kan laat posvat - oppad na die werksplek toe.

Atmosfeer en sosiale reputasie het bykans net so betekenisvol geraak as die bediening van die beste organiese koffie, en dis maar net nóg ‘n rede hoekom Boma Café jou koffiehuis van keuse behoort te wees.

LOS N BOODSKAP