skip to Main Content
Gister ry ek toe baie ver noord in Engels-land na Newcastle (die oorspronklike een), ten einde twee moontlike skoonmaak kontrakte te bespreek.
So gaan kuier ek en my gesin toe verlede week bietjie vir ons voorvaders in Holland om die pragtige Tulpe ter fiets te beloer.
Na die naweek se gebeure, laat ek jou met twee C.J. Langenhoven aanhalings vir die week:
Verlede Donderdag bevind ek myself in ‘n “sensory deprivation pod” of te wel ‘n “floating tank”. Jy dryf basies vir ‘n uur in die donker in Epsom sout water. Dink mini Dooie See in ‘n massiewe plastiek mossel!
Ek is die naweek herinner deur ‘n goeie vriend van my hoe belangrik dit is om die proses te volg, veral in sport, en dat jy minder moet fokus op die uitkoms en meer op wat jy nou mòèt doen. Met ander woorde, as ek sê proses, dan bedoel ek wat is die stappe wat jy elke dag moet doen om by jou doelwitte uit te kom.
Wat die woord wel vir my simboliseer is die noodsaaklikheid vir Suid-Afrikaanse besighede om nou , meer as ooit tevore, seker te maak dat hulle wêreldklas is.
Een van my vriende se werknemers/bestuurders het onlangs aan 109 gelukkige sokkerbal wenners bevestig dat hulle wel elkeen ‘n Sony PlayStation (totale koste R480,000) gewen het. Die bestuurder het per ongeluk die verkeerde woordjie in ‘n epos “template” gebruik.
Ongelukkig is daar nog een baie belangrike vereiste voordat jy ‘n realistiese kans het om jou doelwitte te laat realiseer. Sonder hierdie stap, kan jy maar vergeet.
Ek het opnuut die krag en belangrikheid van tyd maak vir speel besef. Sonder die doelbewuste aanteken van belangrike aktiwiteite in jou dagboek, gebeur die lewe met jou, in stede van andersom. Sonder speel is jy meer gestres en minder kreatief.
Met die geboorte van Klipkouers, het ek geweet ek gaan myself blootstel aan kritiek en dan ook nog kritiek wat somtyds gepaard gaan met ‘n belediging (soos wat bv. die naweek gebeur het).
Back To Top