skip to Main Content

Willem van der Merwe is die Besturende Direkteur van Africa Biomass Company (ABC) en algehele wenner van Sanlam se 2017 Entrepreneur van die Jaar. Hy het ‘n innoverende oplossing gevind om ou boorde, wingerde, windlanings, saagmeulafval en selfs indringer bome te verwerk, met ‘n groot positiewe impak op vrugteplase en die omgewing.

 

In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top