skip to Main Content

Sy het grootgeword in Johannesburg, was van jongs af aangemoedig om te begroot, te spaar en so veel as moontlik te lees. Met haar pa as mentor en rolmodel is sy bekendgestel aan mense soos Warren Buffet en Benjamin Graham. Sy het aktuariële wetenskap gestudeer. As CFA het sy as mentor in die CFA internasionale intervarsity kompetisie gedien. As professionêle beleggers bestuur hulle die bates van drie en ‘n half miljard rand. Kom luister hul storie van internasionale afdrukke. Hierdie episode word moontlik gemaak deur ons nuwe borg EXAH.

In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top