skip to Main Content

FundedByMe is in 2011 as ‘n stokperdjie-projek deur Arno Smit begin. Luister gerus saam waar hy vertel hoe hierdie unieke skarefinansieringsaksie beleggers en entrepreneurs bymekaar bring vir befondsingsgeleenthede. Met onbetwiste wêreldwye groei in die afgelope 5 jaar, sien hulle hulself as die entrepreneur se beste vriend.

In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top