skip to Main Content

Tyd vir ‘n Klipkouer Kragklont wat ’n voorsmakie is van my onderhoud met een van die bekendste en baie suksesvolle Afrikaanse filmmakers, Frans Cronje. Ek dink die meeste van ons het al “Faith like Potatoes” gesien en ek dink dat tot op datum het meer as 400 miljoen mense Frans se films gekyk. Ons gaan by hom uitvind hoe gaan hulle te werk agter die skerms.

 

Wat is huidiglik of histories ’n groot pyn in die besigheid?

Ons grootste pyn as onafhanklike filmmakers wat nie direk gekoppel is aan Hollywood Studio’s nie, is die befondsing en die verspreiding. Ek het altyd gedink ons grootste probleem is net befondsing maar dit is baie sterk gekoppel aan die verspreiding. As jy ’n baie sterk verspreidingsnetwerk of verspreider het, dan is die befondsing makliker bekombaar. Dit is ons grootste uitdaging. As ons net ’n sterk groep beleggers kan hê wat deurgaans in ons glo en saam met ons stap sal dit ons pad heelwat makliker maak.

Dit is juis een van die dinge waaraan ek vanjaar baie hard werk. Ek is baie bevoorreg dat ’n goeie vriend van my, so halfpad deur verlede jaar, my uit die bloute in kennis gestel het dat hy wil ons ondersteun en hy het nie net dadelik sy geld ingesit nie, maar hy het ook betrokke geraak.Hy help my om te kyk vir nog ’n paar finansiële beleggers om die volgende seisoen in my fliek maak loopbaan deur te sien. Dit is vir my wonderlik want ek het vir lank hierdie paadjie alleen gestap en dit is baie eensame en moeilike paadjie om te stap.

Dan is dit ook om rêrig hard te werk aan die verspreiding en soos ek reeds genoem het, ons het sekere doelwitte hoe om by al die verspreiders uit te kom en by al die teikenmark mense en ons sal dit doen, een vir een.

NB! Indien jy verlede week se KPS oor Hettie Brittz gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top