skip to Main Content

Tyd vir ‘n Klipkouer Kragklont wat ’n voorsmakie is van my onderhoud met een van die bekendste en baie suksesvolle Afrikaanse filmmakers, Frans Cronje. Ek dink die meeste van ons het al “Faith like Potatoes” gesien en ek dink dat tot op datum het meer as 400 miljoen mense Frans se films gekyk. Ons gaan by hom uitvind hoe gaan hulle te werk agter die skerms.

 

Watter ander besigheid of industrie is vir jou interessant of ongewoon?

Ek kom maar uit die sportwêreld uit en ek hou nog steeds van sport. Ek het bitter min tyd deesdae vir krieket. Ek kyk omtrent glad nie meer nie, want dit vat net te lank en vir my was dit ook die seerkry met Hansie se dinge en alles was miskien maar ’n bietjie persoonlik gewees maar ek is steeds mal oor rugby. Dit is vir my absoluut fantasties om te sien wat Franco Smit reggekry het met die Cheetahs en ek dink hy is die beste rugby afrigter in die wêreld. Ek ken hom persoonlik en miskien is ek ’n bietjie bevooroordeeld maar ek sê dit regtig.

 

The proof is in the pudding?

Ja, absoluut! Ek het dit gesê voordat hy teruggetrek het Bloemfontein toe. So vier jaar gelede het ek twee maal in een jaar by hom en Tanya in die huis gebly terwyl hulle nog in Italië was.Hy het vir elf jaar die Proviso rugbyspan daar baie suksesvol afgerig. So suksesvol dat ek dink omtrent vyf en twintig van sy spanlede was in die Italiaanse span in ’n stadium en hy moes drie spanne afrig net om darem ’n span te hê wanneer Italië speel. Ek het geweet hy is goed en uit my ondervinding as ’n professionele sportman kon ek dit sien en was baie geïnteresseerd om te sien, as hy teruggaan Bloemfontein toe wat hy sou regkry. Kyk wat het hy eers met die Shimlas gedoen en toe met die Vrystaat. Hy is nou aangestel as hulp afrigter by die Springbokke maar ek dink dit is ’n gedeeltelike oplossing vir ons Springbok kwessie. Ek dink om iemand soos hy werklikwaar ’n verskil te laat maak, moet hy die hoofafrigter wees en ek hoop hy kry nog iewers geleentheid om dit te wees vorentoe.Maar ja, rugby is vir my “great”. Dit is lekker om te kyk en ’n fantastiese sport.

Ander industrieë? Omdat ek ’n taamlike kreatiewe persoon is dink ek trek die kreatiewe tipe industrieë meer my aandag as die realistiese industrieë.

 

NB! Indien jy verlede week deel 1 van my onderhoud met Frans Cronjé gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top