skip to Main Content

Tyd vir n Klipkouer Kragklont wat n voorsmakie is van my onderhoud met sekerlik die ikoon van Suid-Afrikaanse korporatiewe wêreld, Brand Pretorius. Brand was voormalige hoof van Toyota, Suid-Afrika waar hy later oorgeskuif het na McCarthy toe wat die grootste motor kleinhandelaar in Suid-Afrika is met meer as dertig motor handelsmerke in die groep. Kom luister bietjie wat hy te sê het.

 Watter gewoontes dra by tot jou sukses?

Ek het nog altyd ’n oordrewe sin van verantwoordelikheid gehad. My pa en ma het dit by my ingeskerp, die bereidwilligheid om verantwoordelikheid te aanvaar. Die tweede ding is dissipline om altyd jou beste te doen en om te doen wat jy móét doen wanneer jy dit moet doen of jy lus voel of nie. Dus sal ek sê as ’n mens bereid is om verantwoordelikheid te aanvaar en jy het ’n toewyding om jou bes te doen en jy konsentreer op jou resultate eerder as op jou ambisies, dan kyk die lewe gewoonlik mooi na jou, natuurlik, tesame met die genade van Bo, wat ’n mens altyd nodig het.

NB! Indien jy verlede week deel 1 van my onderhoud met Brand Pretorius gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Back To Top