Klipkouer_PNG (002)

Klipkouers
SON

Klipkouers SON is ’n familie van nis-potgooie met Klipkouers Besigheidspotgooi as anker. 
Klipkouers se Sake Ondersteuningsnetwerk (SON) bied ‘n Private Afrikaanse Sakekamer met die missie om Suid-Afrikaanse besighede plaaslik en op internasionale vlak te bevorder en te help groei ten einde broodnodige werk te skep. 

Ons sukses resep:

• Klipkouers SON Potgooi Radio: Weeklikse besigheidsgesprekke en onderhoude ten einde praktisiese besigheids- en lewensadvies te ontgin.
• Klipkouers SON digi-Tydskrif: Maandelikse digi-Tydskrif met praktiese besigheids- en lewensadvies. 
• Klipkouers SON Netwerk: Fasiliteer verbinding en samewerkingsgeleenthede tussen lede op plaaslike en internasionale vlak.
• Klipkouers SON Internasionale Netwerk: Digitale produk- en diens-uitvoergeleenthede vir lede.
• Klipkouers SON Kort Kursusse: Gebore uit besighede vir besighede!

MEER OOR MY

Wie is

Jacques Basson?

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. 


Coca-Cola se bestuursontwikkeling-sprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later

– vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear
– begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming 
met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. 
Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en woon ons tans in Centurion.

GEEN DEMOGRAFIESE GRENSE NIE. GEEN DISKRIMINASIE NIE
GEEN AFFIRMATIVE ACTION NIE, MAAR WEL ’N GELEENTHEID
OM JOU BESTE TE WEES EN JOU BESTE TE BIED
’N PLEK WAAR DIE KLIPKOUERS EN AANHOUER SAL WEN
~ Jacques Basson

KlankBank

klip1

KLIPKOUERS

Klipkouers is ‘n baanbreker in die Afrikaanse potgooi-milieu. Besigheidsman en media-persoonlikheid Jacques Basson voer op ‘n gereelde basis uiters insiggewende potgooi-onderhoude met toonaangewende Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wat hulle praktiese besigheids-en lewenskennis met luisteraars deel.

klip2

BOERPOT

BoerPot is 'n splinternuwe en opwindende potgooi-reeks vir die landbousektor waar ons gereeld gesels oor alles wat met die besigheid van boerdery te make het. Ons voer onderhoude met sowel suksesvolle megaboere as besighede binne landbou. Die doel van Boerpot is om daai ‘beste praktyk’ in landbou te ontgin en te deel met ander boere en besighede..

klip3

JOHN DEERE

As ‘n dualistiese mark, bied Afrika unieke uitdagings vir boerdery. In hierdie insiggewende reeks van potgooi onderhoude, wat afskop met Jacques Taylor en Stephan Nel van John Deere Sub-Sahara, word verduidelik hoe die masjinerie-reus die landbou-sektor op die kontinent as geheel beter toerus, en inspireer, om met behulp van revolusionêre presisie-tegnologie en kunsmatige intelligensie meer volhoubaar te boer.

BizCrush pic

BizCrush

Entrepreneur, Jacques Basson, chats with fellow South African entrepreneurs and impact makers in order extract practical business and life advice.

ab67656300005f1ff27ee68bbb6ede56aa47dfb1

Nostalgooi

’n Reeks van nostalgiese potgooi-onderhoude met die baanbrekers en legendes van die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.

logo_8102_20230607_143047_1400

Pot Vol Kennis

Pot Vol Kennis, ’n nuwe opwindende potgooi reeks waarin ons jou help om op ’n ander manier te dink oor onderrig en die toekoms van onderrig.

klip4

MBA IN EIENDOMSBELEGGING

Ten einde in eiendom te belê benodig 'n mens heelwat tyd en geld, maar die tyd en geld hoef nie jou eie te wees nie. Ernes Stander het die 'MBA in Eiendomsbelegging"-konsep ontwikkel, wat eiendomsbeleggings moontlik maak vir elke individu. In ‘n drieledige potgooi-reeks gesels Ernes en Jacques Basson in detail oor hoe eiendomsbeleggings moontlik is, ongeag 'n mens se finansiële vermoëns.

klip5

AGRI SA

AgriSA, as ‘n federasie van landbou-organisasies, is reeds die afgelope 116 jaar verbind daartoe om ‘n stabiele, winsgewende landbou omgewing in Suid-Afrika te help ontwikkel. Hierdie potgooi-reeks gee ‘n oorsig van die belangrikste voorleggings wat gelewer is op die onlangse AgriSA-kongres, en sluit insiggewende bydraes in deur sprekers soos Dan Kriek (AgriSA President), Barrett Barr (John Deere VSA) en SA mynmagnaat en biljoener Patrice Motsepe.

klip6

POD OF GOLD

Optimise productivity and safety, through digitalisation and process innovation.
This is the future of mining.
Pod of Gold, in conjunction with Krypton Mining, is ‘prospecting’ this piercing subject in a groundbreaking podcast series, interviewing experts in the mining industry.

SelfSing

SelfSing

Die nuutste onafhanklike Afrikaanse musiek op een plek!

WATTSON

Watts On

All business and electricity

LUISTER HIER

BEREIK ’N NIS GEHOOR EFFIEKTIEF,
MEETBAAR EN BEKOSTIGBAAR

Kontak Ons

Los ons n boodskap of vra vir ons n vraag.

  • jacques@nr7media.co.za

  • +27 066 162 8568