skip to Main Content

Welkom by die Klipkouer Prontuit Sessie oftewel, KPS. Die idee agter hierdie video en audio sessies is addisionele praktiese advies wat uit die vorige week se potgooi onderhoud uitgegrou word in die vorm van ’n bespreking deur my, Jacques Basson en mede‑entrepreneur, Tiaan de Jager. KPS episode 9 kom uit my onderhoud met die baie bekende filmmaker en akteur, Frans Cronje.

Jacques: Tiaan, hoe lyk dit daar in die Kaap?

Tiaan: Dit gaan goed dankie, Jacques. Ek sien uit na ons praatjie vandag. Dit gaan lekker wees om bietjie te gesels oor die filmwese want ek dink dit is iets waarvoor ons al twee ’n passie het.

Jacques: Ja, dit is so. Maar voor ek wegspring, dit reën nou in die Kaap nè? Lyk die damme beter?

Tiaan: Om die waarheid te sê, ek dink die reën het maar net so 10% tot 15% bygevoeg. Ons is nog glad nie daar nie. Die tuine is darem nat maar die opvangsgebied het nog nie rêrig genoeg gevang nie. Hulle sê ons moet nog drie keer die hoeveelheid reën kry wat ons alreeds gekry het net om weer gelyk te kom met verlede jaar. So dit is nog beroerd maar dit val darem gereeld nou. Die Here is goed vir ons. Ons was bang ons gaan geen reën kry nie, so elke bietjie help.

Jacques: Dit is goeie nuus man, ek is bly. Die Kaap moet mooi groen wees want ons is juis daar in Oktober. Hopelik is daar genoeg water.

Tiaan: Julle is welkom.

Jacques: Ja, ek het toe baie lekker gesels met Frans Cronje. Wat vir my interessant is, daar is ouens wat nie weet dat Frans Cronje is Hansie Cronje se broer nie. Ek weet nie of dit is omdat ek ’n Vrystater is nie, maar jy is mos ook een, ’n ou “Gray” man en Frans is ook.

Tiaan: Jy weet mos in watter skool hulle twee was, so…

Jacques: Natuurlik. Gray – hy het vir my gesê. So ja, ’n ou Bloemfontein seun en natuurlik ook ’n suksesvolle, professionele krieketspeler gewees. Hy was later ’n afrigter ook gewees in Natal waar die ontmoeting met Oom Angus plaasgevind het en dit was natuurlik ’n belangrike ontmoeting gewees want dit het sy grootste fliek tot op hede,Faith like Potatoes, tot stand gebring. Nagenoeg 400 miljoen mense het dit al gesien.

Tiaan: Ek moet sê dit is een van die eerste Suid-Afrikaanse produksies wat ons almal gesien het vanuit ’n Christelike oogpunt. Ek self was al op ’n Mighty Men Konferensie en nou die dag was daardie groot vergadering in Bloemfontein waar meer as ’n miljoen mense bymekaar was.

Om terug te kom na die filmwese, wat goed is vir hom, is dat dit is iets wat vir hom inspirerend is. Hy is besig met iets waarvoor hý ’n passie het en dit is hoekom dit so suksesvol is. Hy het 7 jaar bestee aan die fliek en dit sou enige ander filmmaker bankrot maak. Jy kan net nie soveel tyd bestee nie. Dit vat ’n lang tyd maar met die beperkte hoeveelheid geld wat hy gehad het en die lang tyd, dink ek dit is eintlik ’n wonderwerk dat hy dit so suksesvol kon doen.

Jacques: Dit was vir my interessant om nou’n bietjie beterdie besigheidsmodel te kon verstaan van ’n fliek maak.Die goeie nuus is nou dat hy het ’n goeie investering gekry van buiteaf vir sy nuwe fliek wat kom en hy hou aan om die standaard te lig.Wat vir my baie opwindend is van Frans Cronje en ek sal jou sê ‑ Frans Cronje as filmmaker in die toekoms ‑ is dat, omdat hulle so ’n “tight budget” het, moet hierdie ouens “Jack of all trades” wees. Ek dink dit is nooit ’n slegte ding om in die begin ’n “Jack of all trades” te wees en om álles in detail te verstaan.

Tiaan: Ja, hy het gesê hy doen omtrent die werk van 7 mense. Ek dink nie dit is ’n goeie ding langtermyn nie, want van ’n besigheidsaspek kan ’n mens dalk dink hy delegeer nie goed nie, maar soos jy nou sê, aan die ander kant, as jy nie betrokke is by al die aspekte nie, weet jy nie altyd waar om te korrigeer nie of om hoe om leiding te gee nie. Natuurlik sal hy nie vir die res van sy lewe so in alles betrokke wees soos die besigheid groei en hy meer suksesvol is en geld lok vir sy flieks nie, maar dit was dalk nodig vir hom om aan die begin so betrokke te wees sodat hy kan monitor en verseker dat almal weet wat hulle doen.

Jacques: Absoluut. Dit is vir my opwindend en ek dink die ou gaan rêrig groot impak maak langtermyn. Die groot vraag was natuurlik, “hoe versprei jy, hoe kry jy die kykers?” Wat toe uitgekom het, was natuurlik die verspreiding in Amerika en omdat sy films se fokus Christelik is het jy dáárdie goeie ou “Bible Belt” maar die verspreiders speel ’n kritiese rol. Wat ook opgekom het, is die hele Netflix phenomena.

Jy sien twee goed wat aan die gebeur is in die film industrie. Nommer een is die films waarvan daar minder groot treffers huidiglik is wat beteken daardie vervaardigers maak minder geld en dus meer “duds” – flieks wat glad nie geld maak nie. Dit help ook nie dat die teater nie vol mense is nie. Al is dit ’n goeie fliek is die teater steeds nie vol mense nie, want dit is duur en jy moet nou uitgaan in die reën en koue, soos nou in die Kaap, om te gaan fliek.

Nommer twee, jy het nou Netflix, die gerieflike “streaming” diens wat ’n goedkoop bedrag is per maand en jy kan soveel flieks kyk as wat jy wil terwyl jy ’n wyntjie drink op jou rusbank.

So jy het ’n drastiese verandering in die mark wat aan die gebeur is.

Tiaan: Deesdae is dit ook nie drie maande nie en dan is die fliek beskikbaar op DStv. So as jy bietjie geduld het, sal dit uiteindelik op jou televisie wys waarvoor jy nie addisionele geld hoef te spandeer nie. Dan dink ’n mens ook aan al die kapery wat plaasvind. Daar is soveel oorsese aflaai webtuistes. As jy die regte skakel het, kan jy nog, voordat dit op DVD of op Netflix is, dit aflaai verniet! Dit is natuurlik onwettig maar dit is so maklik bekombaar. Daar is dus ’n klomp maniere waar die geld wat by die oorspronklike produsent moet uitkom weggelei word en glad nie by die produsent uitkom nie.

Maar aan die ander kant, dit maak dit vir ons baie makliker en geriefliker. Dit is mos baie makliker om iets te “stream” soos hulle sê, direk van ’n internet webtuiste af. ’n Mens is nie meer lus om uit te gaan na ’n filmteater toe nie, want dit kos jou al R150 net vir jou kaartjie, springmielies en Coke. Dus vir gerief en vir jou sak is dit makliker om by die huis te bly.

Jacques: Absoluut en dit is interessant, Tiaan, want jy het nou twee goed aangeraak. Jy het na die springmielies en Coke verwys, waaroor ons nog gaan praat en dan die kapery wat plaasvind. Die goeie nuus vir die industrie is die “block chain” tegnologie wat aan die ontwikkel is, nè? Dit gaan goed soos kapery vasvat.

Ek persoonlik is bly dat die tegnologie ouens gaan keer om geld uit die musikant of filmmaker se sak te vat. Selfs ouens hierso, hulle “stream” flieks terselfdertyd as wat dit op die groot skerm is en dit is gekkigheid. Die oomblik wanneer jy dit kan doen, moet jy weet jy is deel van ’n kapery. So die “block chain” gaan ’n groot impak hê wat goeie nuus is vir produsente en gaan die manne help met kontantvloei. Maar ook, wat jou teaters aanbetref ‑ ek weet nie in Suid-Afrika nie, maar hier Engeland is dit nog nie algemeen nie ‑ in Amerika het jy al lankal teaters waar jy kan, soos hulle sê, “dop en tjop”. Jy kan sit en ’n bier drink. Inteendeel, daar is in Austin, Texas ’n brouery wat ’n fliekteater het. So jy kan craft bier kry en gaan sit en eet en drink, amper soos ’n Spur met ’n groot skerm.

So jy gaan al hoe meer investering kry om daardie kyker ondervinding beter te maak vir daardie R150 of R200.

Tiaan: Wel, dit is krities vir hul oorlewing. As jy nie met die tye aanskuif en jouself her-ontwikkel en alternatiewe maniere kry om mense te lok nie, dan gaan jou industrie doodloop, of jy fliekteater is of ’n restaurant. Jy moet jouself her-ontdek en vir jouself sê, “wat kan ek doen om mense te lok”, want as jy net dieselfde spyskaart of diens aanbied gaan jy agter bly. Ons weet hoe maklik die tegnologie bly verander en hoe maklik dit deesdae is om dinge self by die huis te doen.

As jy kyk na kos. Daar is soveel maklike gemak kos en jy kan ’n vol maaltyd in die mikrogolf gaan maak waar jy nie nodig het om na ’n restaurant te gaan nie. So jy word getrek na die restaurant vir die vermaak, ambience of musiek, wat ook al. Dieselfde met die fliekteaters, as jy nie daarna toe kan gaan en ’n ander ervaring beleef soos om op ’n baie lekker “lazy boy” te sit of dalk iemand wat jou skouers kom masseer nie, dan gaan daar geen manier wees wat jy daarna toe sal gaan nie.

Jacques: Dit is baie waar en as jy kyk ook – jy praat nou van daardie ondervinding – en vir my is dit ’n ongelooflike lekker idee om masseer te word terwyl ek ’n movie kyk.Ons het in ’n vorige KPS sessie al daaroor gepraat, oor die impak van “virtual reality”.Daardeur gaan daar ook ’n drastiese verandering kom waar jy daardie interaksie met die fliek kry, wat jy nie noodwendig by jou huis in die kort termyn gaan hê nie.Ek dink eventueel sal ons dit in die gerief van ons eie huis kan hê veral met die ontwikkeling van hierdie televisies deesdae. Dit is ongelooflik hoe die slim televisies ontwikkel maar daar is nog geleenthede vir die fliekteaters. Ek maak natuurlik die aanname dat die fliek goed is. Ons aanvaar die gehalte is goed.

Tiaan:Ja, definitief. Om terug te kom na die hele film industrie. Ek het nou die dag die Oscars gekyk wat maande gelede gewys het maar ek wou ’n sekere kategorie gekyk het en as jy dink wat die hele film industrie beteken vir die industrieë rondom dit. Byvoorbeeld, as ’n fliek in Kaapstad afgeneem word, gaan toerisme in Kaapstad op met ’n sekere persentasie as gevolg van mense wat die landskap gesien het in die fliek. Mense sê hulle wil daai stad gaan besoek.

Om terug te kom na die Oscars – ’n baie interessante feit wat ek toe gehoor het, was dat die klassieke musiek industrie, die orkesmusiek – die enigste rede hoekom dit nog in bedryf is, is as gevolg van films. Hulle kry nog steeds die meeste kontrakte van die film industrie want in elke fliek is daar agtergrond musiek wat deur ’n orkes gespeel word. Dit is die grootste rede hoekom orkeste nog bestaan want dit is dikwels ou tipe musiek en as jy dink aan al die ander industrieë wat groei as gevolg van die filmbedryf, is dit eintlik ontsaglik.

Jacques: Dit is ’n fassinerende punt en net so terloops, ek kan vir jou twee uit die drie bestes se name gee en ek kan nie glo ek het die derde een vergeet nie. John Williams wat natuurlik al jou Star Wars, Star Trek, Indiana Jonesensovoorts, dan DannyElfman. Daar is ’n derde een en hoekom ek weet is omdat, Christiaan, my seun vrek oor die klassieke fliek musiek so dit is interessant dat jy dit noem en, weereens, dit is daardie toevoerlyn wat dit aan die lewe hou. As jy gaan kyk, die beste flieks het die beste klankbane maar dan is daar ook die normale liedjies wat gespeel word.

So jy het toerisme, jy is honderd persent reg. Mense word aangetrek na ’n plek as gevolg van ’n fliektoneel en dan die musiek, of dit nou klassieke musiek of gewone liedjies wat in die klankbaan ingewerk word.

Tiaan: Dink nou aan al die ander goed, byvoorbeeld, dit wat die mense in die fliek aantrek. Die volgende dag gaan almal na daai…

Jacques: Ja, Asos is oorspronklik “as seen on screen”. Dit is waar Asos sy geboorte vandaan het.

Tiaan: Dan is daar al die “merchandise”. As daar ’n fliek uitkom soos kinder flieks, Teenage Mutant Ninja Turtles of Frozen, is al die winkels vol van hul“merchandise”. Daar is die aanlyn speletjie industrie, video speletjies groei, die kleredrag, die musiek – alles wat uit ’n fliek uitkom – die vertakking industrieë van die filmbedryf is ontsaglik groot. Ek dink nie enige iemand kan dit ooit rêrig kwantifiseer nie.

Jacques: Ek wonder of ouens daardie rimpeleffek meet? Kom ons som op Tiaan.Dit sluit mooi aan as jy kyk na Frans wat op die Christelike flieks fokus, jy kyk na films soos Courageous, Fireproofensovoorts – ek dink aan die twee broers in Amerika wat albei pastore is van ’n kerk – wat goeie gehalte films is.Daar is ’n morele boodskap wat oorgedra word aan Christen en nie-Christen tesame maar daarmee saam het jy ook hierdie hulpbronne. So dit lyk vir my asof baie flieks, ’n bemarkingsmiddel is.

Tiaan: Natuurlik.

Jacques: Dit is amper of dit nie gaan oor die “entertainment” nie, maar dit gaan oor al die ander goed, soos ’n superster wat sekere klere dra en hardloop rond in Griekeland en wat ook al.Dan het jyToy Story 3 – as ek dink aan die “merchandise” ‑ of selfs Cars 3 wat nou die groot ding is maar dit is eintlik waar dat die groot geld word na die tyd gemaak, nie net met die fliek nie. So ’n mens moet nie die ware strategie doelwit van die fliek miskyk nie.

Tiaan: Dit voel snaaks om dit te sê maar Christendom of geloof skakel met besigheid en dit voel eintlik verkeerd maar ons is nog hier op aarde en moet ‘n bestaan maak en as dit ’n manier is om ’n bestaan te maak, hoekom nie? Dit is iets waarvoor jy ’n passie het en jy maak ’n bestaan daaruit. Solank jy nou natuurlik nie mense uitbuit nie, wat geld vir enige industrie. Wat ’n wonderlike manier om dan jou passie uit te leef.

Jacques: Absoluut en dit is wat opwindend is. Die verryking van lewens en families versus om nog ’n speelding te verkoop en ek laat die Klipkouers met daardie gedagte. Wat is die groter impak aan die einde van die dag?

Tiaan: Ja.

Jacques: Tiaan, altyd lekker om met jou te gesels. Jy moet ’n goeie week verder hê en ons gesels weer.

Tiaan: Goed gaan daarso.

NB! Indien jy verlede week deel 2 van my onderhoud met Frans Cronjé gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

Back To Top