skip to Main Content

Klipkouer Prontuit Sessie – waar ons addisionele praktiese advies uit die vorige week se potgooi episodes uitgrou! In my nuutste potgooi het ek met een van die top kenners in advies vir ouers oor hoe om kinders groot te maak, Hettie Brittz gesels. Haar baie bekende boek en kursus “Kweek kinders met karakter” het meeste van ons al deurgewerk. Ons gesels ook rondom een van haar besighede “Tall Trees Training” wat nou vlam gevat het in die Amerikaanse mark. Kyk gerus die voorsmakie hier, en onthou om komende Vrydag in te skakel vir die volledige sessie!

NB! Indien jy verlede week se tweede deel van die onderhoud met Hettie Brittz gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top