skip to Main Content
IMG_0860 Saskia Beresford Photography

Wie is Jacques Basson?

Na vele jare op Kovsie kampus ten einde my pool game te vervolmaak (halwe waarheid), begin ‘n korporatiewe verkope en bemarkings loopbaan met die Coca Cola Company in 1999.

Coca-Cola se bestuursontwikkeling program, Kusile, het my besigheidsbestuur leerkurwe versnel en vyf addisionale maatskappye en senior rolle later in Suid Afrika en Engeland vir onder andere Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear, begin ek ‘n kommersiele skoonmaak besigheid VanBroc Cleaning  www.vanbroc.co.uk in 2007, gevolg in 2012 met n Joint Venture met ‘n kommersiele skoonmaak besigheid in Austin, Texas www.vanbroc.com.

Natuurlik is Klipkouers die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en het ek julle hulp nodig met kind groot maak!

Ek woon tans in ‘n baie klein Engelse dorpie genaamd Gaddesden Row (so 30min noordwes van Londen) met my vrou Chrisna , seuntjie Christian en dogtertjie Alivia.

Hoekom Klipkouers?

Klipkouers is n verpersoonliking van my passie vir my mense, taal en besigheid. Ek wil Afrikaansprekendes help om hulle bestaande besigheid te verbeter of om n nuwe besigheid te begin ten einde hulle volle potensiaal te bereik en terselfdertyd broodnodige werk te skep in Suid Afrika. Die internet het die internasionale speelveld gelyk gemaak.

GEEN DEMOGRAFIESE GRENSE NIE. GEEN DISKRIMINASIE NIE. GEEN AFFIRMATIVE ACTION NIE, maar wel ‘n geleentheid om jou beste te wees en jou beste te bied. ‘n Plek waar die klipkouers en aanhouer sal wen.

Laat die wiele rol!

940x280klipkouers
In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top