skip to Main Content

Ons het almal vrese en weet somtyds nie waar om te begin nie. Ons bereik ‘n t-aansluiting en weet nie of ons moet regs of links draai nie. Die keuses wat jy vandag maak sal bepaal hoe jou lewe more gaan lyk. Wat gaan jy doen?

Vir wie mentor ek?

My kliente is Klipkouers. Hulle is nie bang om groot te droom of om hulle drome ‘n realiteit te maak nie, maar hulle is nie altyd seker oor die volgende stap nie of mag dalk oorweldig wees. Of hulle is besig met te veel ander projekte. Hulle drome is dalk so groot, dat hulle ‘n ekstra paar hande nodig het om te help dra.

Hoekom nie aanteken nie?

Jy weet jy is tot baie in staat, met ‘n blink toekoms wat vir jou wag, maar jy’s moeg om doekies om te draai. Jy het net die regte mentor nodig om jou te lei. As jy reg en erntstig is, skryf nou in. Waarvoor wag jy?

Kry n Gratis Strategie Sessie met Jacques:

Naam *

E-pos *

Telefoon*

Skype Gebruiksnaam*

Watse tipe besigheid of beroep beoefen jy?*

Waarmee sukkel jy?*

Wat is jou sterkpunte?*

Wat is jou doelwitte vir die jaar?*

In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top