skip to Main Content

Jammer vir my lang swye. Ons het onlangs huis getrek en o wee…dis nie vir sissies nie. Ek bou darem weer momentum!

Ek wil weer fokus op die tema van ongerief en die belangrike rol wat dit in mens se lewe speel om te help met ‘n vars, of eerder, ‘n akkurate perspektief. M.a.w., dit gaan nie altyd so sleg met jou as wat jy dink nie, of daai klaende klient is nie regtig so ‘n groot wolkop nie.

Een van my beter gewoontes en wat my gemaksone elke oggend skud, is om ‘n koue stort te vat. Die afgelope winter het ek meeste oggende in die swembad geklim en daar gebly vir ten minste twee minute. Terselfdertyd het ek ook meer en meer begin vas vir drie dae op ‘n slag. Behalwe vir die gesondheidsvoordele wat beide hierdie praktyke inhou vir  my liggaam en gees, gee dit my die vars perspektief wat ek nodig het.

Wat probeer ek sê?

Doen iets elke dag, week of selfs maand wat bietjie jou gemaksone aanval en jou ‘n vars perspektief gee. Dit maak die lewe ‘n bietjie minder onderstebo.

Lekker week en onthou: Aanhouer wen!

ONTHOU!

  1. CommWealth: Ons nuwe familielid wat my eBoek & digiTydskrif gratis beskikbaar maak: Klik Hier
  2. Nuutste Onderhoud: Martin Schoeman – Wildbedryf Suid-Afrika se Wildteler van die jaar 2018: Luister Hier
  3. Kyk uit vir die loods van Suid-Afrika se eerste Potgooi Huis..
In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top