skip to Main Content

Ek gesels toe verlede week met een van my Afrikaanse klank ingenieurs wat woonagtig is in Japan.

Hy vertel my hoe die Japanese kleintyd al in ongerieflike situasies geplaas word om ‘n sterk “kopwêreld” met baie deursettingsvermoë te vorm. Hulle doen bv. hul atletiek op ‘n baan vol klein klippies; geen gras nie en alles sonder skoene.

Meer interessant is die woordkeuses en spreekwoorde wat Japanse kinders geleer word. Hier is ‘n paar voorbeelde:

  • Nana korobi ya oki – Val sewe keer, maar staan agt keer op 
  • Ganbatte – Doen jou beste en nie “sterkte” met die aktiwiteit nie
  • Die krag van “Nog Nie” – Ek verstaan dit nie vs ek verstaan dit nog nie; of ek kan dit nie doen nie vs ek kan dit nog nie doen nie.

Beur jou woordekeuse jou vorentoe?

Lekker week en onthou: Aanhouer wen!

ONTHOU!

  1. CommWealth: Ons nuwe familielid wat my eBoek & digiTydskrif gratis beskikbaar maak: Klik Hier
  2. Nuutste Onderhoud: Martin Schoeman – Wildbedryf Suid-Afrika se Wildteler van die jaar 2018: Luister Hier
  3. Kyk uit vir die loods van Suid-Afrika se eerste Potgooi Huis..
Back To Top