skip to Main Content

Wat is ‘n Besigheids Nis?

‘n Besigheid wat op n spesifieke produk of diens in ‘n spesifieke mark segment fokus.

Wat is jou Persoonlike Nis?

Jou roeping, jou sterkpunte.

Besigheids Nis:

Wat veral uitgestaan het met my onderhoud met Paul Vorster hierdie week, was hoe hulle ‘n nis mark bedien en hulle Ingenieurs Firma doelbewus klein hou ten einde ‘n baie hoë gehalte diens te kan lewer. Dit lei weer tot hoë gehalte kliente wat aan hulle deur kom klop.

Daar is aansienlike voordele vir ‘n besigheid met ‘n nis besigheidsmodel byvoorbeeld:

1. Kan ‘n baie hoë gehalte diens lewer, wat hoë gehalte kliënte werf en bedien.

2. Lae bemarkingskoste, aangesien net een mark segment geteiken word.

3. Kan hoër pryse vra vir die diens of produk wat lei tot groter winsgewendheid.

4. Maklike en effektiewe kommunikasie met kliente en gereelde kliente terugvoer lei tot suksesvolle produk en diensontwikkeling.

5. Geleenthede vir vertikale integrasie en groei, bv. ‘n bakkery wat net brood bak en verkoop kan ‘n meule koop wat direk meel aan sy eie bakkery lewer.

Jou Persoonlike Nis
Jou persoonlike nis is jou roeping, jou sterkpunte. Dinge wat vir jou natuurlik kom, waarvan jy hou en uitstekend kan doen. Dit is jy op jou beste wat lei tot jou beste werk waarvoor mense op jou staatmaak.

In my Persoonlike Waardes Video verduidelik ek hoe belangrik dit is om jou persoonlike waardes te ken ten einde ‘n gesonde selfbeeld te hê en dan ook beter besluite te kan neem. Dit lei tot sukses in alle areas van jou lewe.

Die volgende stap is om jou sterkpunte te identifiseer.

Wil jy graag suksesvol wees? Wil jy meer produktief wees? Wil jy meer energie hê om vir lang ure jou beste te bied?

Maak dan seker dat jy weet wat jou sterkpunte is en kies dan werk en aktiwiteite wat jou posisioneer om jou sterkpunte ten volle uit te leef.

Kyk uit vir my nuwe video “Jou Sterkpunte” volgende week waar ek in meer diepte gaan gesels oor wat presies sterkpunte is. Ek sal ook weer ‘n gratis eBoek beskikbaar maak met ‘n gratis aanlyn toets wat jou sal help om jou natuurlike talente te identifiseer en sodoende ook jou sterkpunte.

Lekker naweek en onthou…Aanhouer Wen!

Back To Top