skip to Main Content

JOU STERK PUNTE

In my webjoernaal inskrywing NAWEEK NADINK 2: Wat is jou nis? Wat is ʼn nis? verduidelik ek wat ʼn besigheid nis teenoor jou persoonlike nis is.

Jou persoonlike nis is jou sterk punte: Aktiwiteite wat natuurlik kom en waarvan jy hou, dinge wat jy uitstekend kan doen. – Dit is jy op jou beste wat lei tot jou beste werk.

As jy jouself kan posisioneer ten einde jou natuurlike sterk punte ten volle te benut, dan is motivering gewaarborg. Jy werk en pak take aan omdat jy graag wil, nie omdat jy moet nie.>

In my Persoonlike Waardes Video verduidelik ek dat jou eerste stap moet wees om jou persoonlike waardes te ken. Dit lei tot ʼn goeie selfbeeld en ook beter besluitneming, wat sal lei tot suksesse in alle areas van jou lewe. Stap twee is om jou sterk punte te identifiseer.

HOEKOM IS DIT BELANGRIK OM JOU STERK PUNTE TE IDENTIFISEER?

Jy is baie meer produktief as jy op take en areas fokus waarvoor jy lief is. Jy kry meer energie as jy vanuit jou sterk punte werk. Wil jy graag suksesvol wees? Wil jy meer produktief wees? Wil jy meer energie hê om vir lang ure jou beste te bied?

Maak dan seker dat jy weet wat jou sterk punte is en kies dan werk en aktiwiteite wat jou posisioneer om jou sterkpunte uit te oefen

STERK PUNTE IS N KOMBINASIE VAN JOU TALENTE, KENNIS EN VAARDIGHEDE

Ten einde ʼn sterk punt te bou, vat jy een van jou talente en voeg kennis en vaardighede by. ʼn Talent op sy eie is nie goed genoeg nie. Ons almal ken baie mense met uitsonderlike talente wat geen vordering in die lewe maak nie omdat hulle nie konstant besig is om hulle kennis en vaardigheid te ontwikkel nie.

GRATIS AANLYN SAGTEWARE TEN EINDE JOU TALENTE TE IDENTIFISEER

Om jou te help om weg te spring, gaan kliek op die Link hier onder vir ʼn gratis aanlyn toets ten einde jou te help jou natuurlike talente te identifiseer:

http://freestrenghstest.workuno.com/

Back To Top