skip to Main Content

 

Ek is n groot aanhanger van die 80/20 beginsel of te wel die Pareto Optimum. Die Pareto beginsel is te danke aan Vilfredo Pareto , ʼn Italiaanse Ekonoom wat in 1906 bepaal het dat twintig persent van die Italiaanse populasie tagtig persent van die land besit. Daar is toe mettertyd bewys dat die Pareto Optimum van toepassing is in elke area van besigheid asook  persoonlike aktiwiteite.

Maw twintig persent van jou aktiwiteite of gewoontes, goed of sleg, lei tot tagtig persent van jou resultate. Byvoorbeeld, twintig persent van jou kliënte genereer tagtig persent van jou omset of tagtig persent van jou probleme is die resultaat van twintig persent van jou gewoontes en aksies. Navorsing wys dat dit eintlik nader aan 90/10 is.

Die groot probleem is dat die meeste mense en besighede op die tagtig persent van hul aktiwiteite fokus, wat lei tot slegs twintig persent van die resultate. Mense fokus op aktiwiteite wat lae waarde en impak het, wat hulle baie besig hou, baie besig laat lyk of hulleself die verwronge idee gee dat hulle baie hard werk.

Daar is mense wat met my sal verskil, maar voor jy dit doen sal ek jou aanraai om onder andere die volgende te bepaal: jou persoonlike gewoontes – dit wat jy as “normaal” beskou, die effektiwiteit van jou beplanning asook jou besigheid se werkskultuur. Ek het al $Miljard besighede gesien waar mense elke aand tot 8pm werk (gewoonlik Amerikaanse maatskappye) asook $Miljard besighede waar almal tot 530pm toe werk (Duitse herversekerings maatskappy).

As Klipkouer en entrepreneur is resultate en uitkoms al wat saak maak vir my. Ek verwys na resultate beide in my persoonlike en besigheidslewe. Al my besluite is uitkoms (outcome) gedrewe, maw, sukses kan gedefinieer en gemeet word. Natuurlik is daar tye waar ek baie hard moet werk en lang ure moet insit, of in die persoonlike arena te min oefen en te veel sjokolade geniet,  maar wat die hardste skree is die resultate van my besluite, gewoontes en aksies.

My punt is: 1. Wees uitkoms gedrewe 2. Maak seker jy het ʼn duidelike doelwit en aksieplan, met jou persoonlike waardes altyd as raamwerk.

Lekker week en onthou…Aanhour Wen!

Back To Top