skip to Main Content

So vlieg ons toe verlede Maandag na Bulgarye vir bietjie son en see en Vitamin D.

Maandag 12 Junie was die 10 jaar herdenking van my pa se skielike dood en Dinsdag die 13de, ons dogtertjie, Alivia, se 8ste verjaarsdag. Beide geleenthede het ‘n besonderse betekenis vir my.

My pa se skielike dood het gelei daartoe dat ek twee maande later bedank het van ‘n baie lekker en opwindende werk in die bril bedryf.  Inteendeel, dit was ook in hierdie tyd wat ons eerste kind, Christian, gebore is (alle krediet aan my vrou Chrisna wat nooit bekommerd was oor sekuriteit gedurende hierdie tyd nie en vir my gesê het om te laat waai). In hierdie geval het ‘n persoonlike krisis my die hupstoot gegee of my finale besluit gedryf.

Alivia se verjaarsdag en ons vakansie tyd as familie herinner my opnuut weer daaraan hoe belangrik balans in die lewe is. ‘n Suksesvolle besigheid is geen plaasvervanger vir gesondheid, persoonlike groei (geestelik ingesluit) en ‘n baie goeie/spesiale verhouding met jou familie nie. Inteendeel, ek sien my besigheid as ‘n hulpbron wat juis moet help om hierdie drie belangrike pilare sterk te hou.

Wat probeer ek sê?

  1. Moenie wag vir ‘n krisisse om jou ‘n hupstoot te gee nie. Die beste tyd vir aksie is vandag.
  1. Die belangrikste dinge in die lewe het geen geldwaarde nie. Jou doelwitte moet in die volgende kategorieë verdeel en gemonitor word anders flous jy jouself.

2.1                   verstandelike ontwikkeling en stimulasie;

2.2                   fisieke normaliteit en funksionaliteit;

2.3                   geestelike ontwikkeling;

2.4                   verhoudinge (familie en vriende); en

2.5                   Besigheidsontwikkeling en professionele opgradering.

Lekker week en onthou…Aanhouer Wen!

 

NB! Indien jy verlede week se KPS oor Hettie Brittz gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top