skip to Main Content

Gedurende ons onlangse vakansie in Bulgarye (het ’n Afrikaner op die lughawe daar raakgeloop…blykbaar ski heelwat Suid-Afrikaners in Bulgarye elke jaar), was dit weereens interessant om te sien hoe die jonger geslag baie entrepreneuries van aard is en stadig maar seker die ekonomie transformeer terwyl die ouer geslag die kommunistiese stelsel mis. Ja, jy’t reg gelees…hulle mis die ou kommunistiese regime, die vleispotte van Egipte.

Hulle mis natuurlik die ou regime omdat hulle nie nodig gehad om vir hulleself te dink of te sorg nie. Jy is vertel wat, waar en hoe jou lewe sou wees. Die prys wat betaal was vir hierdie “eenvoudige en maklike” lewe was egter baie duur. Geen geleentheid om jou beste te wees of jou beste te bied nie. Geen geleentheid om jou lewensdoel na te streef of te verwesenlik nie.

Net mooi die teenoorgestelde van entrepreneurskap, waar jy ‘n geleentheid het om jou beste te wees, te groei en jou lewensdoelwitte te verwesenlik. Die prys hier is egter ook duur en die lewe is nie eenvoudig of maklik nie, maar die avontuur gevulde paadjie wat jy stap maak dit die moeitewerd.

Okay, die ander tragedie is dat baie van hierdie ouer mense nie weet hoe om vir hulself te sorg nie en die regering is ook nie besig om hulle te leer nie, daarom verlang hulle na die vleispotte van Egipte. ’n Storie vir ‘n ander dag.

My gedagtes:

  1. Ek mis baie keer my “sorglose” korporatiewe dae, veral wanneer dinge in die besigheid nie verloop soos dit moet nie. Tye soos nou. Dit is vir my egter interessant hoe maklik ek vergeet hoe onvervuld en gefrustreerd ek gevoel het gedurende my “sorglose” jare.
  1. Dit is belangrik om jouself te herinner aan historiese oorwinnings, met ander woorde, daai “been there, done that…kicked butt” oomblikke van die verlede, maar nie met die idee om jou huidige probleme te ontsnap nie.
  1. Vandag is waar vrede, geluk en vordering gevind kan word. Vandag het jy nog ‘n geleentheid om ‘n tree vorentoe te gee. Fokus op daai een tree vorentoe te gee en vier dit aan die einde van die dag, want jy het jou beste gegee. Dit is al wat jy kon doen en dit is al wat saak maak. Vandag is jou vriend.

Lekker week en onthou…Aanhouer Wen!

 

NB! Indien jy verlede week deel 2 van my onderhoud met Frans Cronjé gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top