skip to Main Content

Ons naaste groot dorp, Hemel Hempstead, het ‘n splinternuwe biblioteek met groot skerms, iMacs en selfs ‘n 3D Printer van alle dinge. Behalwe vir al die lekker “hightech” goeters, is dit vir my baie spesiaal om in die teenwoordigheid van boeke/kennis te wees.

Daar is twee dinge wat my bygeval het tydens my onlangse besoek aan die nuwe bib.

  1. In my studente en skooljare het ek die biblioteek gehaat. Ek het dit as ‘n “stil soos die graf” tronk beskou waar ek geforseer was om vakke en onderwerpe te leer (memoriseer) wat my verveel het. Nou is dit vir my ‘n spesiale plek waar ek kan lees net wat ek wil met die wete dat ek myself verryk in die proses. ‘n Gym vir my brein en my verbeelding.
  1. Dat jy nie nodig het om die hele boek te lees om die volle waarde daaruit te put nie. Baie mense leer om te spoedlees, maar ek het nog nooit lus gehad om hierdie vermoë aan te leer nie. Gelukkig is daar al hoe meer mense en dienste wat baie goeie boek opsommings verskaf en hiervan is ek ‘n groot aanhanger. Ek kan die essensie en kern gedagtes van ‘n boek binne 30 minute bepaal en as die opsomming regtig interessant is, self die boek koop en deurlees op my tyd.

Hier is my gunsteling plekke waar jy goeie boek opsommings kan kry:

  1. Brain Johnson met Optimize: https://www.optimize.me/ ($10 ‘n maand, maar volgens my by verre die mees waardevolste geskrewe en oudio opsommings. Ek kan nie wag om elke maand my $10 vir hom te gee nie…)
  1. Blinkist: Lees dit op my selfoon en vat gemiddeld 5 minute per boek: https://www.blinkist.com/ (Daar is ‘n verniet opsie, maar ‘n beter opsie is die $50 per jaar intekening)
  1. Gratis! Derek Sivers: https://sivers.org/book (Hierdie ou is ‘n bulletjie met 230+ boeke sover wat hy hoofsaaklik vir homself opsom)

Lekker lees en onthou…Leaders are readers!

NB! Indien jy deel 2 van my onderhoud met Brand Pretorius gemis het, gaan luister gerus nou: Kliek hier

In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top