skip to Main Content

Ons kinders neem toe deel aan hulle heel eerste Atletiekbyeenkoms ooit, en natuurlik hul eerste in Suid-Afrika.

Ek was nogal senuweeagtig namens hulle, maar kon myself darem nie so ver kry om soos van die ma’s te gil nie. Om so te gil, moet ek darem eers ‘n R100 miljoen Lotto wen of iets..

Die dag het my toe bietjie laat dink aan: “Deelname is die belangrikste, en reeds ‘n oorwinning”.

 

Wat was my gevolgtrekking?

Dit verg baie “guts” om op te daag en aan te tree by die wegspringplek, ongeag jou talent. Die kampioen voel net so naar en bang soos jy. Om daai vrees te konfronteer, is opsigself ‘n prestasie.

Vrees word gevolg deur deurbraak. Daag op en spring weg. Dit sal nooit maklik wees nie, maar jy sal nooit spyt wees nie.

Lekker week verder en onthou: Aanhouer Wen!

ONTHOU!

Back To Top