skip to Main Content

In Ingilsland vereis munisipaliteite tydens kontrak tenders dat jy spesifiseer wat jou sosiale bydrae gaan wees tydens dienslewering. Maw hulle wil weet hoe jy die wêreld ‘n bietjie beter gaan maak terwyl jy jou werk doen, oftewel wat jou “Social Return on Investment” gaan wees. Hierdie SROI is altyd meetbaar.

Wat is my punt?

Ek’t so paar weke gelede genoem dat ons as ‘n familie aktief betrokke is by President Kruger Kinderhuis in Reddersburg. Dit is vir ons belangrik om doelbewus te gee, maar meer belangrik, dat ons kan meet wat die impak is van elke Rand wat ons gee. Dit maak ons bydrae meer “tasbaar” wat beteken die donasie kry ‘n gesig en dit maak ons opgewonde om vir ‘n “gesig” te gee as om net geld in ‘n bankrekening oor te plaas en jy weet nie waarvoor dit aangewend word nie.

Wat is jou SROI?

Lekker week en onthou: Aanhouer wen!

ONTHOU!

In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top