skip to Main Content

Ek is onlangs weer herinder (via ‘n potgooi) dat die meeste van ons besluite geneem word om of pyn te vermy of om plesier te kry. Ongelukkig is dit meestal om pyn te vermy.
Ek wil weereens beklemtoon hoe belangrik daai metaforiese “een push-up” is. Proses/daaglikse doelbewuste aksie (ongeag hoe klein) is glad nie sexy of indrukwekkend nie, maar dit bou momentum soos ‘n rollende sneeubal.

Wat is die goeie nuus?

Die grootste voordeel van daaglikse, doelbewuste aksies is dat jy vandag reeds ‘n wenner is. Môre of volgende week maak nie saak nie. Jy moet net vandag se aksies voltooi om te wen.

Wat is my belangrikste aksie vandag?

Dis met trots (asook ongemak/vrees) dat ek jou vandag moet vertel van my eksklusiewe mentor-ondersteunde internskapprogram genaamd Xcelrater. Xcelrater is ‘n werksplek gebaseerde besigheidsopleidingprogram waar verkose studente binne ses maande ‘n Britse Tersiêre Diploma verwerf. Ons spring Januarie 2020 weg.

Lekker week en onthou: Aanhouer wen!

ONTHOU!
Luister na my onderhoud met Morné Smit: Luister hier

Back To Top