skip to Main Content

Ek sit soms in koffie winkels en hou die groepe dop wat in en uitgaan. Die verhale wat hul uitstraal, is top verkopers as jy dit wil omsit in woorde. Dit tref my dan as ek soms sien die tekort aan gedrewe liggaamstaal. Lei ons deur ‘n voorbeeld te wees?

Besef ons hoeveel ander van ons lees as ons nie kyk nie. Daar is nie verniet die stelling van kinders leer deur dit wat jy doen in plaas van dit wat jy sê nie. Ek gesels onlangs met Mia Kruger van Kruger Internasionaal en dit het my teen die bors getref toe sy onbeskaamd vertel dat een van hul grootste nis punte is dat hulle niks met ander se geld belê wat hulle nie self sou belê het met hulle eie geld nie. Hulle as maatskappy hou daarvan om te lei en voorbeeld terselfdertyd te wees.

Kruger Internasionaal hou streng by die stel beleggings reëls wat uitgesit is.  Mia het inteendeel gaan verder studeer in Finansiële Gedrag en die impak wat geld op ‘n individue se emosies het weet ons is een van die kragtigste mediums tot mense se identiteit. 

Besef ons dat ons gedrag ‘n kollektiewe invloed het op ons psige van positiewe samelewing? Die sukses van ‘n samelewing wat kern gesond is lê in ons aanpasbaarheid. Is ons gedrag van so aard dat ons bereid is om die voorbeeld te wees?

ONTHOU!

  • Luister na my nuuste onderhoud met Mia Kruger van Kruger Internation HIER
  • Kry my eBoek 52 GRATIS! Klik Hier
Back To Top