skip to Main Content

 

Ek moes na 14 jaar in London myself met verskeie vreemde verskynsels vereenselwig hier in Suid-Afrika. Ons was deeglik bewus van die ekonomiese en politiese uitdagings en dus my blatante uitgangspunt – ons is terug uit keuse. Ons was egter meer verward rondom die ervaring wat ek van Afrikaanse Suid-Afrikaners ervaar het.

Ek is bewus dat identiteit vorming afgeskil kan word soos ‘n lemoen. Ek is ook bewus van die onvermoë wat daar is om werklik gehoor te word en die frustrasie wat landswette in die ekonomie op entrepreneurs en werknemers plaas. Ek wil egter die ander kant aanraak. Ek onthou hoe ons trots Afrikaans gepraat het, en Engels iets was wat beperk was tot die Engelse vak op skool.

Onthou Chris Barnard wat die eerste hartoorplanting gehanteer het. Die C J Langenhoven aanhalings en die Rupert’s se vermoë om welvaart uit niks te skep nie. Ek onthou hoe ons in ‘n samehorigheid gesnoer was, wanneer Dinsdae of Donderdae aande saans die hele land tot stilstand gekom het want dit is Afrikaanse TV programme. Almal kyk dan Transkaroo, Agter elke man of wie onthou nog Ballade vir ‘n enkeling?

Daar was ‘n onbeskaamde agting van deel wees van ‘n konteks of ‘n mileu. Die rariteit wat ek vreemd vind waarom swenk Afrikaners weg van onthou?

Onthou die goeie sonder verwyt of spyt. Ek wil graag Afrikaners weer aanmoedig om te onthou. Ons mag onthou en nie skaam wees nie. Ons mag onthou en trots wees. Ons praat Afrikaans. Ja daar was slegte goed wat gebeur het.  Waarom lig ons nie weer ons kop op en praat oor die verlede se goeie helde, of die baanbrekers en sonder om eksklusief te klink, of ‘n spesifieke ras daaraan te koppel nie?

Daar is ‘n waarde van gewortel wees, wanneer jy kan onthou en nie spyt is nie. Ek het met Jak de Priester gepraat oor die die besigheidsmodel van ‘n vermaaklikheidster en gefokus op die program wat hy aangebied het “Reis na Gister”.

Onthou…staan sterk…staan trots!

 

So gepraat van ONTHOU!
– Luister na my nuutste onderhoud met Jak De Priester Klik Hier
– Kry my eBoek 52 GRATIS! Klik Hier

In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top