skip to Main Content

Sosiale media het ʼn groen kaart gegee vir opinies lug. Sommige mense reken dit is altyd noodsaaklik om ʼn opinie te gee. Die wyse waarop hulle dit uitdruk moet dikwels verskoon word as vryheid van spraak.

Ek wil gereeld op die Twitter seepkis klim omdat ek ʼn lewendige debat geniet. Ek doen dit egter nie en daar bly ook ʼn fyn lyn. ʼn Stuk verantwoordelikheid. ʼn Besigheidsbeginsel van eerbaarheid.

Die sinoniem is integriteit, respek, en agting. Is ek in my onderneming as entrepreneur of in my werksomgewing so gefokus op oorlewing dat ek vergeet wie saam met my in die “oorlog” is? Hanteer ek konflik net so versigtig soos ʼn voorlegging aan ‘n potensiële kliënt?

Al wat ek weet is dat indien jy in vrede wil leef, leer om ander mense te respekteer. Die rede waarom ons ander mense moet respekteer, is nie omdat ons wil verhoed dat ons by een of ander instansie of kommissie verkla word nie. Nee, ons respekteer ander mense omdat hulle net soveel waarde het as onsself.

Ek het onlangs met Marinus Du Plooy van Mufasa Biltong in Perth gesels. Hy het vertel dat hul so ingestel is op hulle kliënte se ervaring wat aangenaam moet wees, “want mense gee nie om hoeveel jy weet nie, totdat hul uitvind hoeveel jy omgee”.

Dit het die hele respek ding van vooraf in my wakker gemaak. Ons Suid-Afrikaners het ʼn goeie reputasie reg oor die wêreld omdat ons daardie basis saam met moedersmelk inkry. Ons seuns staan op vir vroue as hulle ʼn vertrek instap. Ons stap in ʼn vertrek, groet mense, terwyl ons hulle in die oë kyk. Dit is belangrike beginsels, wat Suid-Afrikaners ʼn goeie naam gee.

ONTHOU!

-Luister na my nuutste onderhoud met Marinus Du Plooy van Mufasa Biltong Klik Hier

-Kry my eBoek 52 GRATIS! Klik Hier

 

In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top