skip to Main Content

In my vorige Naweek Nadink, het ek beklemtoon dat respek of eer teenoor mekaar, hetsy in persoon of sosiale media, belangrik is. Wat dit egter nie beteken nie, is dat alles oor die persoon (of jou) moet gaan nie. Die moeilike gesprekke en situasies bou karakter as jy daardeur werk.

Die toekoms van advertensie is “content marketing” of eerder, “content marketing” begin advertensie stadig doodmaak. Die ander meer bekende strategie wat hierdie gedagte vir my mooi saamvat, is die “Freemium” prysstrategie, waar die produk of diens gratis is as ‘n wegspringplek.

Maw, en wat ek die heeltyd beklemtoon, is dat die wegspringplek die ander persoon of kliënt se behoeftes moet wees met gepaardgaande waardetoevoeging.

Wat vir my egter ironies is, is terwyl dinamiese besighede al hoe meer beweeg na gratis waardetoevoeging as ‘n wegspringplek, die wêreld al hoe meer polities korrek raak ten einde ‘n minderheidsgroep te akkommodeer. Bv. die mpy met 50,000 werknemers wat ‘n beleid verander ten einde die 17 mense, met hulle dun velle, te akkommodeer omdat hulle aanstoot geneem het.

Wat probeer ek sê: Omdat jy waarde het as mens, gee dit jou nie ‘n lisensie om alles oor jou te maak nie. Moenie ‘n karakterontwikkelingsgeleentheid mis, omdat jou vel bietjie dun is nie. Dis juis die pynlike en ongemaklike gesprekke wat daai vel dikker gaan maak. ‘n Goeie karakter is jou fondasie vir sukses.

 

In verlede week se onderhoud met Dr. Dirk Koekemoer, was dit vir my werklik inspirerend hoe hy die wêreld werklik ‘n beter en gesonder plek maak. Hy’t ‘n uitwaartse fokus, maar in die proses maak hy mense gesond en skep hy werk, terwyl hy finansieel beloon word daarvoor.

 

ONTHOU!

-Luister na my nuutste onderhoud met Dr Dirk Koekemoer, stigter van die biomediese maatskappy eMoyo: Klik Hier

-Kry my eBoek 52 GRATIS! Klik Hier

In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top