skip to Main Content

Ek is besig om vir ‘n baie belowende besigheid geleentheid te wag. Inteendeel, hierdie sal die grootste kommersiële deurbraak vir Klipkouers wees. Die probleem is egter dat hierdie manne toe glad nie so vinnig beweeg soos wat hulle uitgemaak het nie. In die proses begin my gedagtes toe dwaal en sommer toe heeltemal in die verkeerde rigting.

Toe ek my oë uitvee, sit ek in ‘n “emosionele hoek” besig om myself jammer te kry. Wat egter belaglik was, is dat ek reeds ‘n soortgelyke en meer konkrete offer van ander ‘n besigheid gekry het. Ek kon nie my negatiewe reaksie verstaan nie en het toe ook nog myself begin oordeel hiervoor. Die gevolg was ‘n dubbele slegvoel sessie.

Mens word gereeld in die lewe en veral in besigheid platgeslaan. Let wel dat ek sê platgeslaan nie uitgeslaan nie. In die boks wêreld sal ‘n platgeslaande bokser die volle agt telling gebruik om bietjie asem te skep, deur een knie op die grond te hou.

 

Wat probeer ek sê:

My valse persepsie dat ek platgeslaan was, was nog steeds vir my ‘n werklikheid. In stede daarvan om jouself te oordeel, doen die jammer voel sessie vir ‘n kort rukkie goed. Hou een knieg op die grond vir die volle agt tellings, haal bietjie asem, staan op en slaan die negatiewe gedagtes en gevoelens uit soos ‘n kers.

 

Lekker week verder en onthou: Aanhouer Wen!

 

ONTHOU!

-Luister na my nuutste onderhoud met Ernie North, mede-stigter van Naked Insurance en hulle besigheidsmodel wat gebou is op kunsmatige intelligensie: Klik Hier

-Kry my eBoek 52 GRATIS! Klik Hier

Back To Top