skip to Main Content

Ek bly stom geslaan hoe die meeste besighede my bel (of ek hulle gevra het of nie) en die persoon die gesprek begin met: “Hallo, hoe gaan dit?/Hallo, how are you?”

Ek sal nooit ‘n gesprek met ‘n vreemdeling begin sonder om myself eers voor te stel nie. Ek’s onmiddellik op my hoede. Wat maak dit saak hoe dit met my gaan as ek nie eens weet wie vra nie?

Maak seker jou mense stel hulleself eers voor. Dis goeie maniere en ‘n baie meer doeltreffende manier om ‘n gesprek te begin.  En as jy ‘n persoon ken en via SMS of Whatsapp gesels, kan dit nie skade doen om hulle ook te groet voor jy met die deur in die huis val nie.

Lekker week verder en onthou; Aanhouer Wen!

 

ONTHOU!

-Luister na my nuutste onderhoud met Jasper Cloete, suksesvolle entrepreneur en stigter van Generational Inheritance Group wat families bemagtig met multigenerasie welvaart planne: Klik Hier

-Kry my eBoek 52 GRATIS! Klik Hier

In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top