skip to Main Content

Picasso het gesê “Good artists copy, Great artists steal”.

Dit beteken eenvoudig dat jy dalk nie eerste met ‘n idee of konsep vorendag gekom het nie, maar dat jy ‘n bestaande idee wat reeds werk, kan verbeter of aanpas. Maw jy is nie besig om bloot net na te boots nie; jy maak die idee jou eie.

Ek is altyd stomgeslaan hoe lande nie meer pro-aktief na mekaar se tegnologie of idees (best practice) kyk nie. Meer belangrik; hoe besighede nie meer pro-aktief na mekaar se tegnologie of idees kyk nie.

Maw, daar is vele nie-kompeterende besighede wat ‘n wêreldklas proses of konsep gebruik wat jy kan gebruik of van leer ten einde jou eie situasie te verbeter.

Is jy besig om die beste van die beste te bestudeer? Geen rede om die wiel te herontwerp nie.

Lekker naweek en onthou: Aanhouer Wen!

 

ONTHOU!

-Luister na my nuutste onderhoud met Christine Geldart, die eienaar van Marven Equipment, ‘n dinamiese familiebesigheid, wat bekend staan as die “Kings Of Customization”: Klik Hier

In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top