skip to Main Content

Twee weke gelede breek ek toe weg vir twee aande in die Bosveld ten einde my top prioriteite of te wel fokus areas vir 2019 te bepaal. Ek maak toe ‘n kortlys van drie gasteplase en bespreek.

Die volgende gebeur toe:

  1. Die jong ma wat saam met haar seun en moeder medegaste is, is ‘n Redakteur by die SAUK. Sy skryf en werk aan ‘n potgooi…

 

  1. Ek vind toe uit dat die gasteplase se eienaar se meisie, Tamar, ook ‘n potgooi op CliffCentral het. Ons loop verby mekaar elke Vrydag in die alteljee…

 

  1. Nog ‘n jong familie arriveer en na ‘n geselsie met die pa, vind ek uit hy kyk na Gareth Cliff en CliffCentral se kubersekuriteit…

 

  1. Deel van my 2019 fokus is om meer met landbou betrokke te raak. Vrydag loop Gareth na my toe en vra of ek belangstel om die Afrikaanse deel van ‘n nuwe landbou potgooi te behartig, terwyl hy die Engelse deel hanteer…

 

Dit waarop jy fokus, word groter en jy trek mense en hulpbronne aan soos ‘n magneet. 

Glo jy alles in die lewe gebeur toevallig? Moenie dat 2019 met jou gebeur nie. Kry laserskerp fokus.

 

ONTHOU!

Luister na my onderhoud met Trevor Bruns: Luister hier

Back To Top