skip to Main Content

Ek help vir Christo en sy span by Land Rover Rustenburg om meer eenhede te verkoop. Sekerlik die grootste waarde wat hulle toevoeg, is die tyd wat hulle jou spaar, deurdat hulle jou Land Rover optel, diens en aflaai by jou kantoor of huis.

Wat is daai 90 minute wat mens spaar werd? Meer belangrik, wat is daai ekstra tyd saam met familie of vriende werd?

Hierin lê die probleem en die geleentheid.

Ekstra tyd saam met jou geliefdes, of tyd om bietjie boek te lees of te oefen, is onmeetbaar. Die belangrikste dinge in die lewe is onmeetbaar. Daarom is dit ook maklik om die belangrikheid daarvan mis te kyk. Die enigste manier om iets kwalitatiefs te meet, is om ‘n getal uit 10 daaraan te koppel. Maw jy moet dit self meetbaar maak en dan monitor.

Wat sou jou punt uit tien in 2018 gewees het vir, bv. braai saam met jou beste vriende of speeltyd met die kinders? Wat wil jy hê jou punt moet wees in 2019?

 

ONTHOU!

Back To Top