skip to Main Content

Soos Gesien Op TV

Klipkouers gee jou aspirasies vlerke…sonder ‘n energie drankie.

Nuutste Potgooi

Episode 78: Deonne le Roux

Deonne le Roux het die Old Mutual National Retail Revolution toekenning vanaf 2002 al agt keer gewen vir sy juwelierswinkel. Ons praat veral oor hoe belangrik kompetisie vir enige besigheid…

Luister nou
Nuutste Blog

GEEN DEMOGRAFIESE GRENSE NIE. GEEN DISKRIMINASIE NIE. GEEN AFFIRMATIVE ACTION NIE,
maar wel ‘n geleentheid om jou beste te wees en jou beste te bied.
‘n Plek waar die klipkouers en aanhouer sal wen.

-Jacques Basson

Van die Klipkouers:

Louis van der Watt is die medestigter en dryfkrag agter die internasionale eiendomsontwikkelaars groep, Atterbury wat onlangs die grootste winkelsentrum in Afrika gebou het nl. The Mall of Africa in Gauteng.

Adam Tas is ‘n geliefde Afrikaanse sanger wat sy vele kreatiewe talente uitleef in sy besigheid Loopgraaf Films.

Meyer le Roux is die mede-stigter van Buffelsfontein Baardolie. Kom luister na my eerste en ROWWE aangesig tot aangesig onderhoud met die legende agter die baard. Ons gesels oa oor die herkoms van Buffelsfontein, die toekoms, Generaal de Wet en baard toupees!

In Klipkouerwêreld is onmoontlik maklik. Hier pak ons die bul by die horings en voeg waarde toe aan almal met wie ons in aanraking kom.

Klipkouers Potgooi is gestig om jou te help om jou aspirasies te realiseer ten einde waarde toe te voeg.

Dalk weet jy nie waar om te begin of hoe om vorentoe te beweeg nie. Dit is waar Klipkouers jou 'n hupstoot gaan gee om die wiel aan die rol te sit.

Elke week gesels ek, Jacques Basson, met suksesvolle Afrikaner entrepreneurs en impakmakers wêreldwyd en vra ek hulle dieselfde vrae – alles vrae om jou te help om jou besigheid of omstandighede te verbeter.
 
Onthou...Aanhouer wen!
close-link
Back To Top