NR.7 MEDIA

As jy ’n digitale bemarkingsagentskap benodig om jou aanlynverkope te dryf, hoef jy nie verder as Nr7Media te kyk nie. Ons spesialiseer daarin om kleinsake die die nodige hupstoot te gee.

MEER OOR ONS

7 Redes Hoekom mense ons gebruik

Fokus op die bedryf van jou onderneming

Sonder ’n digitale bemarkingsagentskap soos Nr7Media, sal jy ’n span digitale bemarkingskenners moet werf, aanstel en oplei. Meeste kleinsake beskik nie oor die nodige tyd of hulpbronne hiervoor nie.
Met behulp van ons sal jy meer tyd hê om aandag te skenk aan jou besigheid.

Verminder koste

Met die verloop van tyd, sal Nr7Media jou geld spaar.
As onafhanklike kontrakteurs, is jy nie verantwoordelik vir ons betaalstaatbelasting, werkloosheidsversekering, voordele ensomeer nie.
Aangesien ons reeds oor al die nodige toebehore beskik, hoef jy ook nie ’n sent te spandeer op die nuutste en beste digitale bemarkingstegnologie nie.

Werk met kenners

Deur te werk met ’n kundige diensverskaffer op die gebied van digitale bemarkingstegnologie, soos Nr7Media, verkry jy toegang tot ’n volledige span gekwalifiseerde en ervare kenners van jou industrie.
Hierdie ervaring sal verseker dat jou digitale bemarkingsveldtogte heelwat meer doeltreffend en tydbesparend sal wees as wanneer jy jou eie span op die been probeer bring.

Bly relevant tot jou industrie

Ons is verantwoordelik daarvoor om jou industrie, mededingers en huidige beste bemarkingspraktyke in jou veld na te vors.
Ons span deskundiges sal voorts jou teikenmark navors om hul belangstellings, voorkeure en gedrag te bepaal. Hierdie inligting stel ons in staat om bemarkingstrategieë toe te pas wat die bes moontlike resultate sal lewer.

Die diens is skaalbaar

Skaalbaarheid is waarskynlik die vernaamste rede om in ’n digitale bemarkingsagentskap te belê.
Met behulp van ons agentskap, is daar geen beperkinge in terme van hoe vinnig jy kan groei nie, want die span is nie intern nie. Ons bied ’n verskeidenheid van pakette en planne wat jou onderneming huidiglik sal pas maar ook toekomstige uitbreiding akkommodeer.

Resultate is kwantifiseerbaar

As ’n betroubare agentskap sal Nr7Media jou voorsien van maandelikse verslae wat sleutel prestasie-aanwysers aandui.
Dit bied vaste bewyse dat jou belegging nie alleen positiewe resultate lewer nie, maar ook aan jou verwagtinge voldoen, en dit selfs oortref.

Nr7Media bied die aanlyn-hupstoot

As jy ’n digitale bemarkingsagentskap benodig om jou aanlynverkope te dryf, hoef jy nie verder as Nr7Media te kyk nie.
Ons spesialiseer daarin om kleinsake die die nodige hupstoot te gee. Kontak ons vandag nog vir jou eerste konsultasie en vind uit hoe ons jou van hulp kan wees.

ONS DIENSTE

nommer1

Digitale Bemarking

nommer2

Handelsmerke & ontwerp

nommer3

Potgooie vir jou handelsmerk

ONS DIENSTE

Digitale Bemarking

Ons bevorder handelsmerke om te konnekteer met potensiële kliënte deur van die internet en ander vorme van digitale kommunikasie gebruik te maak. Dit behels nie alleen e-pos, sosiale media en web-gebaseerde advertensie nie, maar selfs multi-media boodskappe as ’n bemarkingskanaal.

Handelsmerk en Ontwerp

Webontwerp

Ons webontwerpers hanteer die voorkoms en uitleg asook inhoud van jou webblad.

Ons spesialiseer in gebruikersvriendelike webontwerpe, wat esteties goed voorkom en toepaslik is vir die eindgebruiker se handelsmerk.

  • Webontwerp
  • Onderhoud
  • SEO
  • Sekuriteit & rugsteun

Grafiese ontwerp

Ons help jou met die beplanning en projeksie van jou idees met behulp van van visuele en tekstuele inhoud. Sodoende kan jy jou idees effektief en kreatief weergee.

Bogenoemde beeldmateriaal kan van toepassing wees op eenvoudige besigheidslogo’s of meer gekompliseerde webbladontwerpe, en is van groot waarde ten einde jou dienste en produkte te adverteer, asook om ’n unieke identiteit vir jou besigheid te skep.

  • Handelsmerke
• Handelsmerkimplementering
• Skep van inhoud vir Sosiale Media

Korporatiewe identiteit

Korporatiewe identiteit vorm die interne en eksterne beeld van ’n maatskappy.

Ons help jou om die maatskappy se styl en karakter strategies so te beplan dat dit aansluit by die missiestelling, en ten alle tye ’n positiewe beeld uitdra na die publiek.

Dit behels onder andere visuele identiteit en korporatiewe kommunikasie.

Is jy reg om te laat waai met jou potgooi?

Potgooie vir jou handelsmerk

Potgooi-bemarking kan hope potensiaal vir jou handelsmerk ontsluit, maar jy moet strategies te werk gaan wat jou benadering en aanbieding betref.

Klankbank kan help om jou potgooi-spelplan na die volgende vlak te neem.

  • Potgooi-opnames
  • Potgooi-loodsing & plasing
  • Potgooi-redigering
  • Potgooi-advertensies

Klankbank-ateljee
Klankbank-ateljee is ‘n ultra-moderne ateljee vir potgooiers om hul inhoud op te neem, en ons kan jou stap-vir-stap bystaan op jou potgooi-tog.

Ons kan van hulp wees met die samestelling, redigering, aanbieding en bemarking van jou inhoud, en beskik ook oor die kapasiteit om inhoud lewendig na die internet te stroom.

Kontak Ons

Los ons n boodskap of vra vir ons n vraag.

  • jacques@nr7media.co.za

  • +27 066 162 8568